SOETSUUR SKAAPSTERTJIES
Vanaand het ek ‘n soetsuur skaapstertjie gemaak in die kasserol, en was djeerlik!!!
- ± 1.5 kg skaapstertjies
- 1 blikkie (227 g) fyn pynappel
- 2 eetlepels soetrissiesous
- 2 eetlepels suiker
- 2 eetlepels blatjang
- 3 eetlepels asyn
- 1 medium ui, fyngekap
- sout en peper na smaak
Pak die stertjies in ‘n oondvaste kasserol met ‘n deksel.
Voeg ‘n bietjie water ± ½ koppie by die stertjies.
Plaas die deksel op en bak die stertjies vir ‘n ¾ uur in ‘n voorverhitte oond by 180°C.
Meng die res van die bestanddele saam en giet dit oor die stertjies.
Plaas die deksel terug op die kasserol en bak vir ‘n verdere 2 ure.
Verwyder die deksel na 2 ure en rooster die stertjies tot goudbruin (± 10 min).
Resep en foto: Gideon Louw