Your Recipe Blog

SOETSUUR PIQUANTÉ-RISSIES OF PEPPADEWS

Cook: 4 ½ minute

SOETSUUR PIQUANTÉ-RISSIES OF PEPPADEWS

Resep en foto: Jan Salti Viljoen
Ek het die “Mad Hatter” rissies gebruik, dit is bykans dieselfde as die Piquanté-rissies of peppadews wat hitte aanbetref. Klein bietjie warmer en dit is heelwat groter as ‘n peppadew en is by vele kwekerye beskikbaar.

  • Oornag pekel:
  • 700 – 800 g rissies
  • 800 ml yswater
  • 80 g sout, gewone of pienksout
  • Pekel vir bottel:
  • 500 ml witwyn asyn
  • 250 ml water
  • 300 g witsuiker
  • 5 – 6 cm stuk vars gemmer
  • 3 – 5 vars knoffeltoontjies
  • 1 ster any
  • Maak die rissies skoon en verwyder die saadjies en stronk uit die rissie.
  • Meng die bestanddele vir die oornag-pekel en voeg die rissies in die pekel, laat dit oornag in die yskas.
  • Na +-12 uur in die oornag-pekel, verwyder die rissies uit die pekel en spoel dit deeglik af met koue water.
  • Voeg die asyn, water en suiker vir die bottel-pekel in ‘n kastrol op die stoof en verhit stadig.
  • Roer goed tot die suiker opgelos is.
  • Sny die gemmer en knoffel in ½ cm stukkies en plaas dit saam met die ster anys by die asynmengsel in die kastrol.
  • Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir ongeveer 3 minute.
  • Plaas die rissies in die kookmengsel en kook vir nie langer as 1 ½ minuut nie, anders word dit pap.
  • Draai die hitte af.
  • Skep die rissies in ’n gesteriliseerde glasbottel en giet die warm pekel oor die rissies.
  • Maak seker die rissies is heeltemal bedek met die pekel.

 

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page