Your Recipe Blog

SOETSUUR PÊRELTJIES

SOETSUUR PÊRELTJIES

  • 750 g pêreluitjies
  • kookwater
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml tamatiepesto – pasta
  • 30 ml suiker
  • 45 ml rooiwyn-asyn
  • 1 lourierblaar
  • 2 takkies vars tiemie
  • sout en peper
  • 30 ml gekapte vars pietersielie

Haal die skilletjies van die uitjies af.
Verhit die olie in ‘n groot braaipan en voeg die uie by. Skud die pan om die uie te laat rol en rondom te verbruin.
Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die pietersielie. Voeg genoeg water by om die uie te bedek.
Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en bedek.
Prut 40 – 45 minute stadig tot die uie sag is en verglans is met ‘n natuurlike dik soet-en-suur-sous. Skud die pan gereeld.
Sit koud voor, gesprinkel met pietersielie.

Foto: Marika Tegmann

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page