SOETSUUR LEWER
- 500 g lewer
- 1 ui, in ringe gesny
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
- 75 ml koekmeel
- sout na smaak
- peper na smaak
- 75 ml sojasous
- 75 ml water
- 30 ml suiker
- 15 ml suurlemoensap
- 2 ml fyn gemmer
Sny die lewer in dun repies, week vir ‘n uur in melk en dreineer goed.
Braai uieringe en knoffel in bietjie olie, skep uit en hou eenkant.
Meng die koekmeel, sout en peper saam.
Doop elke repie lewer in die meelmengsel.
Braai ‘n paar lewerrepies in dieselfde pan tot mooi bruin, maar nie te oorgaar nie, skep uit en braai die res.
Wanneer al die lewer gaar is, meng die sojasous, water, suiker, suurlemoensap en gemmer saam in die pan en kook deur.
Meng gebraaide uie en lewer by die sous in en kook vir ‘n paar minute.
Die lewer moet nog mooi pienk binne wees.
Resep geplaas deur: Annet Visagie Hugo (Wenresepte 5)
Foto: Annetjie van Huysteen