Your Recipe Blog

SOETSUUR HOENDERMAGIE POTJIE

Recipe by
Cook: 3 1/2 ure

SOETSUUR HOENDERMAGIE POTJIE

Ek het gisteraand die heeerlike romerige soetsuur hoendermagie potjie gemaak en ek wil dit nie self sê nie maar ek het myself oortref.

  • 1 x 500 g pakkie skoongemaakte hoendermagies wat vir 4 ure in asynwater gelê het
  • 1 x 200 g gekapte spek, liggies gebraai
  • 1 eetlepel Italiaanse kruie
  • 1 eetlepel knoffelvlokkies
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel swartpeper
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 2 aartappels, in stukke gesny
  • 2 medium groot gekerfde uie
  • 2 eetlepel sampioen soppoeier
  • 150 ml room
  • 60 ml bruinasyn
  • 60 ml suiker

Kook die magies in ‘n swartpotjie op die kole met 200 ml water vir omtrent 2 ure.
Voeg die uie, spek en aartappels by asook die asyn, suiker en speserye. Kook vir ‘n verdere 30 minute.
Sprinkel die soppoeier oor, voeg die room by en kook vir ‘n verdere 40 minute.

Nota:
Ons het dit saam met klein varsgebakte broodjies wat in die varkie oond gebak is geëet.
Sny die broodjie op sy rug deur en skep van die hoendermagievulsel daaroor.
Dit was uit die boeke.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5