Your Recipe Blog

SOETSUUR HOENDERLEWERTJIES

SOETSUUR HOENDERLEWERTJIES

  • 1 ui, gekap
  • ½ greenpeper, gekap
  • ½ halwe pakkie sampioene, opgesny
  • 1 tamatie, gekap
  • 500 g skoongemaakte hoenderlewertjies
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 1 eetlepel tamatiesous
  • 1 eetlepel blatjang
  • bietjie aromat
  • paar druppels soyasous
  • aromat
  • sout en peper

Braai die uie en greenpeper saam tot dit verkleur. Voeg dan tamaties en sampioene by en braai nog ‘n klein bietjie. Ek gebruik olyf olie en botter (opsioneel) saam, maar baie min.
Voeg ‘n skeut wit asyn oor die mengsel en voeg dan geurmiddels na smaak by.
Voeg Worcestersous, tamatiesous, blatjang, paar druppels soyasous en aromat, sout en peper na smaak by.
Onthou soyasous het baie sout, wees maar versigtig vir te veel, en laaste so ‘n knippie suiker met maas of karringmelk of selfs room kan gebruik word.
Kook net deur en bedien.

Resep en foto: Susan Sussiena Wagenaar Mitchell

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5