SOETSUUR FRIKADELLE
- Frikkadelle:
- 800 g maalvleis
- 1 klein ui, opgekap
- sout en peper na smaak
- 150 ml hawermout
- 100 ml vars pietersielie, opgekap
- 2 eiers
Meng die bestanddele saam in ‘n mengbak en vorm frikkadelle so groot soos verkies (ek het klein frikkadelletjies gevorm en 15 minute gebak).
Bak die frikkadelle in ‘n oondbak in die oond teen 180ºC tot gaar, maar nie droog.
- Sous:
- 1 rooi / geel / of groen soetrissie, in repies gesny
- olie vir braai
- 500 ml kookwater
- 1 blokkie beesvleisaftreksel
- 1 blik pynappelstukke (820 g)
- 250 ml bruinsuiker
- 160 ml druiwe asyn
- 90 ml Maizena
- 30 ml water
- 30 ml sojasous
- sout en peper na smaak
Braai die soetrissie in ‘n bietjie olie in ‘n pan op die stoof tot gaar en laas eenkant.
Plaas die beesvleisaftrekselblokkie in die kookwater in ‘n kastrol op die stoof en roer totdat die blokkie opgelos is.
Voeg die pynappelsap van die blik pynappelstukke, die bruinsuiker en die druiwe asyn by die aftrekselwater in die kastrol en verhit tot kookpunt.
Meng intussen die Maizena met die 30 ml water en voeg dit by die sous in die kastol.
Laat die mengsel kook op medium hitte totdat die sous verdik.
Voeg die soetrissie, pynappelstukke en die gaar frikkadelle by die sous en meng deur.
Voeg die sojasous, sout en peper na smaak by.
Bedien die soetsuur frikkadelle saam met pasta of rys.
Resep en foto: Amanda Austen