SOETSUUR BOONTJIESLAAI
‘n Drie-boontjieslaai met ‘n Twist.
- 1 blik (400 g) gemengde boontjies
- 1 blik (410 g) boontjies in tamatiesous
- 1 blik (410 g) botterbone
- 300 g murgpampoentjies, in skyfies gesny
- 3 gekleurde soetrissies, in blokkies gesny
- 2 knoffelhuisies, gekerf
- 2 grasuie, gekerf
- 1 koppie Wellington’s soetsuur sous
- 5 ml Ina Paarman’s groente-aftreksel poeier
- paprikavlokkies
- swartpeper
- 2 eetlepels olyfolie
Dreineer slegs die gemengde boontjies en botterboontjies.
Voeg die boontjies in tamatiesous by en hou eenkant.
Verhit die olie in ‘n pan.
Soteer die soetrissies en sprietuie tot gaar.
Voeg die murgpampoentjies en knoffel by.
Braai totdat die murgpampoentjies sag is, maar nie pap.
Verwyder van hitte en laat afkoel tot heeltemal koud.
Meng die koue groente met die boontjies.
Voeg die soetsuur sous by.
Roer die groente-aftreksel poeier, paprikavlokkies en swartpeper by.
Roer tot gemeng en plaas in yskas tot gebruik.
Resep en foto : Alta de Wet












