SOETRISSIES GEVUL MET SPINASIE EN KAAS
Peppers gevul met silverbeet of spinasie… ‘n lieflike kersfeestafel gereg in groen en rooi (en keto/low carb/diabeet-vriendelik soos altyd!).
- 3 rooi/oranje/geel soetrissies, gehalveer
- 50 g botter
- ¼ ui, gekap
- 1 bos spinasie, blare afgesny en stingels fyn gekap
- 75 ml kookwater
- 200 g korrelrige maaskaas/ricotta kaas
- 100 ml suurroom
- 2 teelepels droë dille
- sout en peper na smaak
- 125 g Fetakaas, gekrummel
- Mozzarella, om bo-oor te strooi
Halveer die soetrissies en verwyder die sade en vliese.
Plaas op ‘n oondbakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Braai die ui en spinasiestingels in die botter tot sag.
Voeg die blare en water by en prut, bedek vir 10 minute.
Roer die maaskaas/ricotta, suurroom, dille, sout en peper by en meng deur.
Verdeel die vulsel tussen die ses halwe soetrissies.
Sprinkel Fetakaas en Mozzarella bo-oor en bak by 190°C vir 25 – 30 minute.
Bedien met vleis van jou keuse of by kamertemperatuur op ‘n tapas bord.
Resep en foto: Ilze Jacobs