Your Recipe Blog

SOETRISSIE BLATJANG

SOETRISSIE BLATJANG

Frans van Rensburg is omtrent fluks en het nog een van die wenresepte met ons gedeel. Baie dankie Frans, hy se dit is heerlik en sal veral saam met mieliepap en braaivleis heerlik wees.

  • 8 – 9 groot soetrissies (geel/groen/rooi)
  • 8 groot uie, in blokkies gesny
  • 10 tamaties, sonder skil en in blokkies gesny
  • 60 ml sout
  • 1 teelepel knoffel
  • 750 ml suiker
  • 500 ml asyn
  • 10 ml mosterdpoeier
  • 60 ml Maizena, aangemaak met bietjie water
  • 5 ml borrie
  • 15 ml kerriepoeier
  • peper na smaak

Sprinkel die sout oor die soetrissies en laat staan 4 ure.
Dreineer/spoel.
Kook die soetrissies en die uie in asyn vir 20 minute.
Voeg res van die bestanddele by en kook nog ‘n bietjie.
Verdik dan met die Maizena.
Kook ‘n verdere 20 – 30 minute.
Bottel warm.

Resep geplaas deur Frans Van Rensburg
Foto: Frans van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page