SOETMELK BESKUIT
Doodmaklik en altyd ‘n reuse sukses.
- 2 kg koekmeel
- 15 ml sout
- 3 x 10 gram pakkies kitsgis
- 35 gram (1 boxie) anys
- 250 gram gesmelte botter
- 1 koppie suiker
- 1 blikkie kondensmelk
Meng koekmeel, sout, gis en anys.
Smelt suiker in een koppie water, smelt botter by roer en gooi blikkie kondensmelk by.
Voeg mengsel by meelmengsel.
Knie met louwarm water tot sagte deeg.
Laat staan vir 20 minute, maak balletjies, pak in gesmeerde broodpan, maak pan toe en laat rys. Voorverhit oond 180ºC en bak dan 45 minute.
Nota:
Ek los my suurdeeg in bietjie lou suiker water op van dit wat ek aanmaak (bietjie in klein maatbeker) dan rys die beskuit vinniger as wat jy dit saam met die meel en al die ander bestanddele saam ingooi.
Resep: Riëtte Wilson Meyer
Foto: Gideon Louw