Your Recipe Blog

SOETKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 12 minute | Servings: ± 120 koekies

SOETKOEKIES

Ek het gister vir my dogtertjie se juffrou en assistent juffrou waardering-geskenke gemaak en vir hulle soetkoekies gebak. Ek deel graag die resep met julle:

  • 4 koppies koekmeel
  • 500 g botter (ek het Stork Bake gebruik)
  • 1 eetlepel vanilla geursel
  • 2 koppies suiker
  • knippie sout
  • 4 eiers

Voorverhit die oond op 180°C.
Meng alles saam tot ‘n lekker hanteerbare deeg.
Sit deur meultjie of rol uit en druk af met ‘n koekiedrukker.
Pak op voorbereide bakplaat en bak tot ligbruin.
Ek het vir so 10 – 12 min gebak en uitgehaal.

Nota:
As die deeg bietjie taai is, gooi nog meel by tot die deeg hanteerbaar is en kan uitrol.

Resep geplaas deur Juanita Vermeulen
Foto’s: Juanita Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page