SOETKOEKIE RESEP MET “ACTI-WHITE ROYAL ICING”
Maak ongeveer 35 koekies (hang af hoe groot jou drukker is)
- 200 g margarien of botter (Ek het Stork Bake gebruik)
- 200 g strooisuiker
- 1 groot eier
- 5 ml vanilla geursel
- 400 g koekmeel
Voorverhit oond tot op 180ºC.
Klits botter, suiker, vanilla geursel en eier saam tot romerig.
Voeg meel by en meng tot deeg ‘n bal vorm.
Haal uit menger en draai toe in kleefpapier.
Laat rus vir ongeveer 1 uur.
Rol die deeg uit, druk uit met koekiedrukker van jou keuse en bak vir 10 min.
Laat afkoel en versier met royal icing.
- ROYAL ICING MET ACTIWHITE
- 75 ml kraanwater
- 2 teelepels actiwhite
- 4 koppies fyn gesifte versiersuiker
- ekstra kraanwater
Meng die 75 ml kraanwater met die Actiwhite en laat staan vir 15 minute.
Voeg die fyn gesifte versiersuiker by.
Klits met “K beater” van jou menger op nommer 4 vir 5 – 7 minute.
Voeg teelepel gewys klein bietjie water by indien te styf.
Versier koekies soos verkies.
Ria Posthumus
Hierdi resep hierbo vir die koekies werk 100% en daarvan kan ek getuig. Wat die Royal icing betref met Actiwhite poeier – ek meng 100 g Actiwhite met 300 ml warm water en 2 kg versiersuiker.
Versiersel resep geplaas deur Jacqui Van Zyl Hodgkinson
Foto en resep van koekies met royal icing: Juanita Vermeulen