Your Recipe Blog

SOETBROOD VIR VLEGSELS

SOETBROOD VIR VLEGSELS

  • 1 kg broodmeel
  • 1  ½ teelepels sout (voeg dit by as ek deeg al effe geknie het)
  • ½ koppie suiker (wit of geel)
  • 1  ½ eetlepels kitsgis (droë gis)
  • 2 eiers
  • ½ koppie olie
  • 2 koppie water (meestal gebruik ek nie al die water nie en mens voeg eerder meer water by as meer meel later)
  • ekstra eier en water vir bo-oor verf

Knie bogenoemde bestanddele saam en rus vir ongeveer een uur, tot dubbeld, ek sit in yskas oornag.
Knie weer om lug uit te kry en maak jou eindproduk – brode of wat jy gaan bak.
Laat rys weer.
Verf eier en water gemeng bo-oor.

Bak by 180 ºC  soos volg:
ongeveer 40 minute as dit groot brode is
30 tot 35 min vir medium
20 min vir broodrolletjies

Nota:
Ek maal altyd bietjie sout oor my brood net voor dit gebak word, dit gee ‘n besonderse smaak.
Moenie vergeet om pan halfpad deur baktyd om te draai vir egalige bak.

Hier verduidelik Sonja weer mooi:
Die metode is maar soos met alle brood, ek het maar by die begin broodbak, nie voorheen geweet of by ouerhuisgeleer nie. Daar is baie moets en moenies oor gis en sout saam of nie saam, vir my werk al die metodes. So basies moet mens al die bestanddele meng. Weereens se ek versigtig met te veel water! Ek meng my bestanddele gewoonlik en knie vir so ‘n minuut, laat rus vir 5 minuute en knie dan vir 10 minuute, per hand, het nie die mixer vir deeg knie nie.
As deel van olie later bygevoeg word, is deeg ook meer elasties en klou nie, maar daai verander als as dit klaar gerys het. Rys vir so ‘n uur op warm plek.
Deel ek die deeg in balle so groot soos ek wil, hou toegemaak anders droog dit. Vorm jou deeg stringe deur te rol onder handpalms, maar moenie rek nie! Na ‘n keer of 2 sal jy dit reg kan doen. Maak jou vorms en plaas op bakplaat, laat rys.
Hier weet ek nie tyd nie, sit oond aan as ek begin vorm, as ek by die laaste is, sit ek eerste baksel in oond.
Voor jy dit bak verf liggies “egg wash” oor brode.
Ek bak nie die groot brode nie, so hulle tyd weet ek nie. Medium brode so 35 minuute en rolletjies so 20 minuute. Draai pan om helfte van baktyd (brood sal nie platval nie).

Resep en foto’s:  Sonja Zino
2de foto:  Granaat soetbrood vir Loofhutte fees. Granate is een van die 7 spesies waarmee Israel geseën is.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page