Your Recipe Blog

SOET VETKOEKIES

SOET VETKOEKIES

Heerlik met kaneelsuiker.

  • 2 koppies koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 3 teelepel bakpoeier
  • ⅓ koppie suiker
  • ¼ koppie olie
  • ¾ koppie melk
  • 1 eier
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • olie vir diepbraai
  • kaneelsuiker

Sif die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Meng die olie, melk, eier en vanilla saam en roer dit by die droë bestanddele in en meng tot ‘n slapdeeg.
Verhit olie vir diepbraai in ‘n kastrol op die stoof.
Voeg die kaneelsuiker in ‘n diep bak en hou eenkant.
Skep teelepels vol van die deeg in die warm olie en braai tot goudbruin en gaar.
Skep die gaar vetkoekies uit die olie met ‘n gaatjieslepel en skep dit bo-op die kaneelsuiker, skud die bak totdat die vetkoekies goed bedek is met die kaneelsuiker.
Plaas die soet vetkoekies op ‘n bord en geniet.

Resep en foto: Alice van den Berg

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page