Your Recipe Blog

SOET-SUUR WARM AARTAPPELSLAAI

SOET-SUUR WARM AARTAPPELSLAAI

  • 6 aartappels, gekook en skoongemaak
  • 1 ui, gekerf
  • 1 pakkie spek, in stukkies geknip
  • 1 koppie blatjang
  • 60 ml asyn (lees asb nota onder aan en begin met 20 ml, voeg by na gelang)
  • 20 ml mielieblom
  • 60 ml melk
  • sout

Kook aartappels, trek skil af en sny in blokkies. Braai uie en spek in olie.
Voeg asyn en blatjang by en kook vir 5 min.
Roer aanhoudend anders brand dit vas.
Meng mielieblom met melk en voeg by spekmengsel.
Laat kook vir 5 min oor lae hitte, roer aanhoudend anders brand dit vas.
Strooi sout oor aartappelblokkies.
Meng warm spekmengsel deur die aartappels.
Die slaai kan lou of warm bedien word.
As ‘n soeter sous verkies word kan meer blatjang bygevoeg word voor die sous deur die aartappels gemeng word.

Nota: 
‘n Mens moet maar versigtig wees oor die hoeveelheid en sterkte van die asyn.  Wynasyn of appelasyn sal eerder aanbeveel word.

Foto:  Adam Cloete

Category:

One Review

  1. Janet Strydom

    Amazing

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page