SOET-SUUR HOENDER MET PYNAPPELSTUKKE
- 8 – 10 hoenderporsies
- 1 blik pynappelstukke (440g)
- 30 ml tamatiesous
- 15 ml suurlemoensap
- 15 ml suiker
- sout en peper
- 40 ml mielieblom (Maizena)
- 2 uie, fyn gekap
- 30 ml asyn
- 20 ml soyasous
- 5 ml medium kerriepoeier
- 250 ml hoenderaftreksel
Voorverhit oond op 180ºC.
Pak die hoenderporsies in ‘n gesmeerde oondskottel en meng res van die bestanddele goed.
Giet oor die hoender en bak in oond tot gaar en mooi bruin!
Salome Odendaal Du Plessis:
Hierdie resep het ek al vir baie lank gebêre. Dit vanaand gemaak en dit het heerlik gesmaak – lekker soetsuur smakie. Ek het net sampioene bygevoeg en saam met ‘n Griekse slaai en skorsie bedien – ‘n egte banting aandete.
Foto’s: Salome Odendaal Du Plessis