SOET-SUUR BEET
- 2 kg rou beet
- 2 uie, fyn gekap
- 3 koppies suiker
- 3 koppies asyn
- 1 teelepel sout
- 2 opgehoopte teelepels kerriepoeier
- 2 heel naeltjies
- 3 eetlepels Maizena
- lou water om Maizena aan te maak
Kook beet tot amper heel gaar. Giet die water af.
Skil beet af en sny blokkies of rasper dit. Voeg asyn en suiker in ‘n pot en prut tot al die suiker opgelos het. Roer terwyl dit prut. Voeg beet en uie by en kook ‘n bietjie deur.
Gebruik die lou water om die Maizena, kerriepoeier en sout aan te maak.
Voeg die 2 heel naeltjies by die mengsel in die pot en voeg dan die Maizenamengsel by die beet. Roer deeglik deur en laat prut tot die sous verdik.
Skep in gesteriliseerde flesse en seël.
Resep en foto: Letitia Henstock