Your Recipe Blog

SOET SPRINGMIELIES MET STROOP

SOET SPRINGMIELIES MET STROOP

  • 1 pakkie springmielies, klaar gespring
  • Stroop:
  • 2 koppie suiker
  • ½ koppie koue water
  • 1 teelepel asyn
  • 4 eetlepels stork
  • 2 knippies kremertart
  • enige voedsel kleursel

Kook al die stroop bestanddele vir 8 min in mikrogolf.
Voeg kleursel by.
Gooi die stroop oor die springmielies en meng goed deur.
Versprei op ‘n skinbord of twee om droog te word.
Wanneer die springmielies droog is, vryf los van mekaar en bere in ‘n koekblik of houer wat dig seël.

Resep en foto: Engela Olckers

2 Reviews

  1. Letitia

    Ek was bietjie teleurgesteld in die resep. My springmielies was nie erns die helfte van gekleur nie. Stroop het gekristalliseer. Dalk het ek iets verkeerd gedoen, maar ñ pakkie popcorn is hoprloos te veel vir die stroop.

    Star
    • Hi Letitia
      Maar net soos met konfyt, moet mens nie jou stroop laat kook voordat die suiker nie opgelos is nie, dan sal jou stroop kristalliseer.
      Eeers baie stadig warm maak en roer tot al die suiker opgelos is, dan eers vinnig kook.
      Verder kry mens seker pakkies en pakkies popcorn, ek sal vir Engela vra of sy ons kan help met die grootte van die pakkie, maar haar resepte is gewoontlik baie suksesvol. Jammer oor jou ondervinding.
      Groete
      Rina

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page