SOET ROSYNE KOLWYNTJIES
- 150 g margarien of botter
- 150 g strooisuiker
- 3 eiers
- 150 g bruismeel
- 75 g rosyne
Voorverhit die oond tot op 180 ºC.
Smeer ‘n kolwyntjiepan of gebruik papier houertjies.
Room die botter en suiker tot lig en romerig.
Klits die eiers en voeg by, roer die meel in by die mengsel dan die rosyne. Meng goed deur.
Skep die beslag in die voorbereide pan.
Bak in die warm oond 15 tot 30 minute, tot goudbruin.
Resep: Ronel Lewies Pretorius