SOET RISSIE BLATJANG
Giftig – not for the ‘fainthearted’😂
- 300 g rissies (chillies)
- 3 uie
- 1 blikkie ‘chopped’ tamaties
- 5 heel tamaties
- 500 g dadels
- 3 koppies asyn
- 200 g vars gemmer en knoffel (koop dit in potjies)
- 5 koppies suiker
- 600 g fyn appelkooskonfyt
- 100 ml balsamiese asyn
- 10 ml sout
- 10 ml kerriepoeier
- 5 ml naeltjies
- 10 ml tiemie
- 10 ml mosterdsaad
- 10 ml kruie (Italian Herb)
- 10 ml soet basieliekruid
- 10 ml gemengde kruie
- 1 groen- en 1 geel soetrissie
Versap tamaties en rissies alles saam. (Jy kan natuurlik sit en elke chillie se pitte uithaal, maar ek het nie.)
Plaas in ‘n kastrol op die stoof en snipper uie en dadels by.
Voeg res van bestanddele by en roer deur.
Kook oor lae hitte tot uie deurskynend is.
Skakel hitte af en snipper groen en geel peppers in, roer net deur.
Bottel terwyl warm en seël dadelik.
Resep en foto: Mariette Heydenrych-Kotze