SOET MOSTERD
Op my man se versoek weer gemaak.
- 50 ml asyn
- 25 ml Engelse mosterdpoeier
- 1 blik kondensmelk
Meng mosterd met asyn tot glad. Meng die mosterdmengsel goed deur die kondensmelk.
Hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.
Bottel en bere in die yskas.
Resep en foto: Meisie van der Colff
Category: