Your Recipe Blog

SOET LEMOENKONFYT

Cook: ongeveer 45 minute

SOET LEMOENKONFYT

Hierdie konfyt is glad nie bitter soos marmelade nie.
  • 8 lemoene
  • 6 koppies suiker (ek gebruik bruin)
  • ½ koppie suurlemoensap
  • 4 koppies water
  • ‘n knippie sout
Die is baie moeite, maar verseker die moeitewerd.
Gebruik groente skiller en skil die buitelaag van die lemoene af, NIE die wit deel nie, (dis bitter).
Plaas die skille in ‘n pan/kastrol en voeg genoeg water by om dit te bedek. Kook vir 10 minute, dreineer die water af en herhaal die proses twee keer. Spoel die skille af met die laaste kook. (Dit keer dat die konfyt bitter is). Ek het hier die gekookte skille fyn gekerf.
Sny die wit (skil) van die lemoen se vlees af, (die wit afsnysels kan weggegooi word) en sny die lemoen sigmente kleiner (verwyder enige harde wit dele asook die pitte).
Plaas alles saam in ‘n kastrol en kook op medium hitte vir omtrent 45 minute.
Toets op ‘n piering wat in die vrieskas geplaas is. Drup bietjie van die lemoenstroop op die bordjie en hou skuins, as die druppel nie te ver beweeg nie, dan is dit gereed.
Onthou as die konfyt afkoel word dit dikker/taaier.

Skep in gesteriliseerde bottles en seël goed.

Resep en foto’s: Suenell Liebenberg
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page