Your Recipe Blog

SOET LAMSKERRIE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 porsies

SOET LAMSKERRIE

  • olyfolie
  • 1 ui, grof gekap
  • 30 – 40 ml matige kerriepoeier
  • 5 ml borrie
  • ± 1 kg lamsvleis (rib of stowevleis)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 40 ml perskeblatjang
  • 100 ml vleisaftreksel
  • 125 g sagte appelkose

Verhit die olie in ‘n diep kastrol en braai die ui vir ‘n paar minute.
Roer die kerriepoeier en borrie by en braai tot geurig.
Roer die lamsvleis by en braai tot bruin en geurig. Geur met sout en peper.
Roer die blatjang en aftreksel by en prut vir sowat 30 – 40 minute of tot gaar.
Sit die appelkose by en prut vir nog ‘n paar minute.
Sit voor met rys en groente.

Foto: Zelda Fouche

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page