Your Recipe Blog

SOET KETO KERRIEMAALVLEIS

SOET KETO KERRIEMAALVLEIS

Ek het ‘n hele ruk geskaaf aan hierdie resep, maar ek is uiteindelik tevrede dat hy nou vir my reg smaak. Soet Suid Afrikaanse (keto/lae koolhidraat!) maalvleis kerrie. Ek weet party mense sal sê, “eet net ‘n gewone soet kerrie as jy lus is!” maar nie almal kan dit doen nie. So hier is my weergawe vir wanneer die soet kerrie lus te groot raak. Met die tradisionele 3 kleur groente ook.  Diabeties vriendelik en keto/lae koolhidraat soos altyd.

  • 25 ml olie van jou keuse (klapperolie of ghee is my keuse)
  • ½ ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 2 – 3 eetlepels kerriepoeier
  • 1 teelepel borrie
  • 500 g maalvleis
  • ½ blik gekapte tamaties
  • 3 – 4 radyse, in blokkies gesny
  • 2 – 3 baba mielies, in ringe gesny
  • 1 medium murgpampoentjie, in blokkies gesny
  • 100 ml kookwater
  • koljander, gekap en opsioneel
  • versoeter na smaak (soetheidsgrade van versoeters verskil baie)
  • ½ teelepel suurlemoensap (moenie dit uitlos nie!)
  • sout en peper

Verhit die olie in ‘n pot en braai die ui en knoffel oor ‘n medium hitte tot deurskynend.
Voeg die kerrie en borrie by en braai nog 2 minute.
Voeg nou die maalvleis by, verhoog die hitte en braai totdat die vleis net bruin is.
Voeg die tamaties, groente en kookwater by en prut totdat die groente sag is en meeste van die water verdamp het.
Roer die koljander en versoeter deur, prut nog 5 minute en bedien op blomkoolrys/lae koolhidraat brood ens.

Foto en resep:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page