Your Recipe Blog

SOET JALAPENOSOUS

SOET JALAPENOSOUS

Resep na smaak aangepas by resepte op die blad. Baie dankie vir almal se insette.

  • 1 kg rooi jalapeno’s, ontpit
  • 6 groot knoffelhuisies
  • 20 g vars gemmer
  • 3 groterige uie
  • 1 teelepel sout
  • 600 ml water
  • 375 ml + 250 ml asyn
  • 4½ koppies suiker
  • 2 eetlepels mielieblom

Verpulp die jalapeno’s, knoffelhuisies, gemmer en uie saam.
Plaas in ‘n kastrol en voeg sout, water, 375 ml asyn en suiker saam. Kook vir ongeveer 30 minute.
Maak die mielieblom aan met die addisionele 250 ml asyn, voeg by die mengsel, roer goed deur en kook stadig vir ‘n paar minute tot dik.
Bottel warm.

Resep en foto: Alda Nel

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page