Your Recipe Blog

SOET EN SUUR VARK OF HOENDERBLOKKIES

SOET EN SUUR VARK OF HOENDERBLOKKIES

  • gaar gewone of Basmati rys
  • vark of hoender vleis, in blokkies gesny
  • sonneblom olie, vir diep braai
  • Deeg:
  • ½ koppie koekmeel
  • ½ koppie Maizena
  • 5 ml koeksoda
  • sout en peper
  • 2 eetlepels olyf olie, sesame olie, gewone olie
  • 1 koppie water (beslag moet loperig wees maar dik genoeg om aan vleis te kleef )

Meng die deeg bestanddele saam. Sit die vleisblokkies in die beslag en meng goed deur.

  • Groente:
  • groen, rooi, geel soetrissie, in dun repies
  • rooi of gewone ui, in repies
  • knoffel, na smaak
  • Opsioneel:
  • sampioene, julian wortels, “snap peas” en baba mielies werk ook goed hierby as jy meer groente wil insit

Verhit bietjie olyf olie in ‘n pot.
Braai groente op medium vir 1 minuut, nie om te braai nie, net om te versag.
Voeg knoffel na smaak by.

  • Sous:
  • ½ koppie bruinasyn
  • 200 ml wit suiker
  • 50 ml Worcestersous
  • 50 ml Old Brown Sherry of sherry van jou keuse
  • 50 ml soyasous
  • sout en peper
  • Maizena
  • 100 ml soet/suur sous Hasty Tasty of 2.5 ml gemmerpoeier

Voeg bruinasyn by groente, meng suiker by en bring tot kookpunt. Sit op lae hitte. Roer sodat suiker smelt.
Meng by Worcestersous, Old Brown Sherry en Soya sous en sout en peper na smaak.
Meng bietjie Maizena met water en voeg net ‘n bietjie by om die sous effe te verdik sodat dit nog steeds loperig is, maar nie waterig nie.
Voeg by die soet/suur sous Hasty Tasty (koop by Checkers in bottel), opsioneel. Sonder die Hasty Tasty sous is die sous net so lekker. Voeg net 2.5 ml gemmer poeier by as jy nie Hasty Tasty sous gebruik nie.
Prut vir 2 minute en hou eenkant warm.

Vleis:
Plaas olie in ‘n pot en laat warm word, maar nie te warm nie, wanneer olie warm is, sit die vleis blokkies (bedek met beslag) een vir een in. So tien op ‘n slag. Moenie teveel op een slag insit nie dan koel die olie te vinnig af.
Sit plaat temperatuur op 4 (net so bo medium). Braai vleis aan albei kante tot goudbruin en gaar. Braai in porsies tot al die blokkies gaar is.
Dreineer op kombuis papier.

Om te bedien:
Skep die rys op elke bord, saam met die vleisblokkies en groentesous en sit van sie sous lekker mildelik oor alles.
Kan die blokkies vinnig in die sous sit net voor opdien dan trek hulle ekstra sous.

Resep en foto: Glenda Diane Emmerson

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5