Your Recipe Blog

SNOEPWORSIE- EN AARTAPPELHAPPIE

SNOEPWORSIE- EN AARTAPPELHAPPIE

Gistraant die oudurfie in my rooi pannetjie gemaak, was djeeeeerlik.

  • 1 groot aartappel, gewas
  • 1 ui
  • snoepworsies (“cocktail”)
  • rissievlokkies na smaak
  • speserye na smaak
  • olie vir diepbraai

Sny die aartappel, met die skil aan, met ‘n mandolien of skerp messie in dun skywe.
Skil die uie en sny in breë wiggies, en haal die lae van mekaar af om skulpies vorm.
Neem ‘n worsie, verkieslik rou (ek’t ‘n snoepworsie gebruik) plaas die ui-skulpie op die aartappelskyfie en die worsie bo-op die ui.
Vou die aartappelskyfie halfpad toe om die worsie en ui en steek dit vas met ‘n tandestokkie.
Besprinkel met ‘n bietjie rissievlokkies en speserye na smaak.
Diepbraai die aartappelhappie in warm olie in ‘n potjie op die kole of op ‘n stoofplaat tot mooi bruin.
Besprinkel met n bietjie balsamiese reduksie en eet dadelik terwyl dit nog warm is. Hmmmm djeeeeerlik.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page