SNOEKTERT
- 700 g braai snoek
- 1 groot ui, gekap
- 3 sprietuie, gekap
- 4 gerasperde knoffeltoontjies
- ¼ koppie blatjang
- 1 koppie gerasperde cheddar kaas
- ¼ koppie koekmeel
- 1 koppie melk
- 4 eiers
- 1 koppie fyngemaakte willards sout en asyn skyfies
- handvol gekapte pietersielie
- sampioene na smaak
- sout en pepper
- appelkooskonfyt
- vis speserye
Smelt die botter, knoffel en appelkooskonfyt en vis spesery saam en smeer die snoek met die mengsel, gebruik ‘n kwas.
Voorverhit die oond op 190°C en bak die snoek in oond tot gaar. Smeer met bottermengsel kort kort.
Braai uie, knoffel, sampioene en sprietuie in bietjie olie tot gaar en mooi bruin.
Vlok die snoek en meng by die uiemengsel in.
Klits eiers, melk, sout en pepper, voeg die helfte van die kaas, blatjang, pieterselie en koekmeel by en meng goed.
Meng die eiermengsel by die vismengsel in.
Skep in ‘n voorbereide oondbak en sprinkel laaste kaas en vars pieterselie oor.
Bak op 190°C tot mooi bruin en gestol.
Bedien met ‘n slaai en soet patats.
Resep en foto: Maryna Viljoen Kruger