Your Recipe Blog

SNOEKTERT MET PROVITA KORS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

SNOEKTERT MET PROVITA KORS

  • Kors:
  • 10 Provitas, gekrummel
  • ongeveer 60 ml gesmelte margarien of botter

Plaas krummels in ‘n gesmeerde tertbord en giet gesmelte margarien oor.

  • Vulsel:
  • 250 g gerookte snoek of haddock
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 2 eetlepels margarien
  • 1 eetlepel koekmeel

Vlok die gerookte snoek of haddock.
Soteer die fyn gesnipperde ui in die margarien.
Laat effe afkoel en meng die koekmeel by. Hou eenkant.

  • Meng die volgende:
  • 10 ml “lemon and black pepper seasoning”
  • 1 ml rooipeper
  • 2.5 ml mosterdpoeier
  • 250 ml suur room
  • 125 ml melk
  • 2 ekstra groot eiers
  • ¾ koppie fyn gerasperde kaas

Voeg die snoek en uie by en meng goed deur.
Skep oor Provitakors en strooi Cajun speserye oor.
Bak vir omtrent 30 minute by 180°C.

Resep geplaas en foto: Marlize Williams

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page