Your Recipe Blog

SNOEKPASTEI

Avatar photo
Recipe by
Cook: 35 - 45 minute | Servings: 8 porsies

SNOEKPASTEI

  • 1 groot ui, gekap
  • 50 ml botter of olie
  • 30 ml koekmeel
  • 250 ml melk
  • 250 g gaar snoek, vel en grate verwyder en gevlok
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 4 groot eiers, geklits
  • 250 ml suurroom
  • 5 ml mosterdpoeier
  • 15 ml fyngekapte vars pietersielie
  • sout en rooipeper na smaak

Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ’n 30 cm-pasteibak goed met olie of botter.
Braai die ui in die botter tot sag. Sprinkel die meel oor en verhit terwyl jy roer, tot dit borrel.
Voeg die melk by en verhit tot kookpunt. Roer aanhoudend om te verhoed dat klonte vorm.
Verwyder die sous van die hitte en roer die res van die bestanddele by.
Skep in die voorbereide pasteibak en bak vir 35 – 45 minute tot goudbruin en ferm.
Laat die tert vir 10 minute afkoel en sit met slaaie of groente van jou keuse voor.

Nota:
Die tert kan ook teen kamertemperatuur voorgesit word of jy kan klein individuele tertjies in minimuffinpannetjies bak en as southappies met drankies voorsit.

Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Johan Röntgen – Ek het 2 chillies opgekap en bygesit en so spuit sweet chillie sous. Baie lekker.

One Review

  1. Irma Conradie

    Lyk heerlik. Gaan nou maak

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page