SNOEK OP DIE KOLE
- 1 lig gerookte snoek, klaar voorberei
- 1 suurlemoen se sap
- 2 eetlepels gesmelte botter
- 1 huisie knoffel, fyngekap
- 1 teelepel appelkooskonfyt
- varsgemaalde swartpeper, na smaak
Bedruip die snoek met die helfte van die vars suurlemoensap.
Meng die res van die suurlemoensap saam met die ander bestanddele.
Plaas die snoek op ‘n rooster met die velkant na onder.
Braai slegs op die velkant vir ongeveer 15 minute oor matige kole tot die vleis wit is.
Verf die snoek gereeld met die sous.
Bedien met slaai of gebakte patats en knoffelbrood.
Resep en foto: Sean O’Brien