SNOEK MET RISSIESOUS IN DIE OOND
Het lekker snoek gemaak met patats.
- 1 gevlekte vars snoek
- appelkooskonfyt na smaak (ek dit sommer in die mikrogolf gesmelt)
- fyn gekapte rissie na smaak
- mosterd (gewone spuit mosterd) na smaak
- knoffel na smaak
- foelie
Plaas snoek bo-op die foelie in ‘n oondpan.
Smeer snoek met appelkooskonfyt en mosterd, strooi rissies en knoffel oor.
Voorverhit die oond na 180ºC.
Draai die vis toe met die foelie, plaas in die oond vir 15 minute.
Haal die bokant van die foelie af en bak vir ‘n uur in die oond.
Bedien met patats.
Resep en foto: Sonja Gerber