Your Recipe Blog

SNOEK IN DIE OOND

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute

SNOEK IN DIE OOND

  • ± 1.5 kg snoek
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
  • 50 ml ongesout botter
  • 80 ml gladde appelkooskonfyt
  • 2 knoffeltoontjies, fyn gedruk
  • fyngekapte pietersielie
  • 1 teelelpel Soya sous
  • 60 ml Spur Durky sous
  • Ina Paarman’s vis speserye na smaak

Trek oondpan met foelie oor.
Plaas afgespoelde snoek oop met vel onder daarin en sprinkel vis speserye oor, laat staan totdat sous reg is.

Sous:
Smelt botter en konfyt saam.
Voeg die knoffel, soya, suurlemoensap- en skil, pietersielie en Durky sous by.
Bring tot kookpunt en prut so 1 minuut.
Gooi warm sous bo-oor snoek en maak toe met foelie.
Bak in oond vir so 30 minute of tot gaar by 180°C.

Resep geplaas deur Frances Smith
Foto:  Frances Smith

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5