Your Recipe Blog

SNACKERS

SNACKERS

  • 125 g botter of margarien
  • 250 ml bruinsuiker
  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 250 ml hawermout
  • 250 ml klapper
  • 250 ml sultanas
  • 60 ml korente
  • 250 ml Rice Krispies
  • 250 ml All Bran-vlokkies
  • 125 g donker sjokolade, gesmelt

Smeer ‘n 20 x 20 cm bakplaat met botter of bespuit met kleefwerende kossproei.
Smelt die botter, suiker en kondensmelk oor lae hitte tot al die suiker gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en laat 10min lank prut. ROER AANHOUDEND, anders brand dit maklik.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Druk in gesmeerde pan en laat afkoel.
Sny dit in blokkies wanneer afgekoel.
Doop die onderkante van die blokkies in gesmelte sjokolade en pak op waspapier.
Laat hard word en bêre in lugdigte houer.

Resep en foto: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page