SMERE VIR SOUTKOEKIES EN TOEBROODJIES
IDEES:
- Bovril en gerasperde kaas
- Roomkaas, ham blokkie en gherkin
- Feta, roomkaas/mayonnaise en biltong stukkies
- Roomkaas, komkommer en halwe cocktail tamatie met swartpeper
- Tuna aangemaak met chutney, mayonnaise en gesnyde ui
- Roomkaas met ‘n mossel en knoffelsout
- Kamma kreef vis met 1000 island sous
- Roomkaas en fyn biltong
- Roomkaas met gevulde peppadew met roomkaas en gherkin in
- Philadelphia cream cheese met sweet chilli sous, gerookte mossels, bloukaas en vye konfyt, gerookte hoender en peppadew en kaas, salamien feta en olywe, biltong en kaas.
- Gerasperde kaas en gerasperde ui met mayonnaise. Skep dit op bacon kips. Sit dit in die oond tot dit begin borrel.
- Gerasperde ui, gerasperde kaas, bietjie chutney, bietjie mayonaise, druppel tobasco of peri peri, vars pietersielie fyngekap. Meng goed en skep bo-op.
- Maaskaas met ‘n stukkie biltong op. Mossels met ‘n chilliemayo is ook heel lekker.
- Skyfie gerookte kaaswors met fetakaas
- Stukkies brosgebraaide streaky bacon gemeng met maaskaas
- Stukkies brosgebraaide streaky bacon gemeng met gekapte kersies (glaced cherries)
- Salitcrax met room of maaskaas, sit stukkie peppadew, mossel, stukkies kersietamaties, blokkies komkommer, stukkies kaas, groen of geel of rooi uitjie, gerkins, olywe, stukkie tuna of salm, stukkie eier op.
SMERE:
(Southappies – Kotie v/d Spuy 1947)
Omtrent al die resepte moet jy deur ‘n sif druk om dit fyn te kry – maar ek dink ons sal dit met vandag se tegnologie fyn genoeg kry met jou blender. Ek persoonlik hou van stukkies en nie ‘n te fyn smeersel.
- Eierbotter:
- ½ koppie botter
- 3 hardgekookte eiers, druk deur sif
- Worchestersous en tamatiesous
- sout en peper
Meng alles goed en druk deur sif.
- Ansjovisbotter:
- 1 koppie botter
- 1 koppie fyn ansjovis
- suurlemoen of asyn
- peper
Meng alles goed, druk deur sif.
- Redro botter:
- 1 koppie botter
- ½ koppie Redro vissmeer
- geel van 2 hardgekookte eiers
- sout en peper
- asyn
Druk eiergele deur sif, meng alles goed.
- Pietersieliebotter:
- 1 koppie botter
- ½ eetlepel fyn droë pietersielie
- 2 fyngemaalde olywe of 1 koppie fyn gerasperde komkommer
- sout, peper en paprika
Meng goed en druk deur sif.
- Kaasbotter:
- ½ koppie kaassmeer
- ½ koppie botter
- Worsestersous en tamatiesous
- sout en peper
Meng goed en gebruik.
- Hambotter:
- 1 koppie fyn gerasperde ham
- 1 koppie botter
- peper, sout en mosterd
Meng goed en druk deur sif.
Wenk:
Enige vleis bv. hoender, polonie, bees, sult, tong, vark, bully beef ens kan gebruik word.
- Ertjiebotter:
- ½ koppie botter
- ½ koppie sag pap gekookte ertjies
- klein bietjie fyn gerasperde kaas
- sout, peper
Druk ertjies deur sif en meng alles goed deur.
- Avokadobotter:
- ½ koppie botter
- 1 groot avokado, deur sif gedruk
- suurlemoensap
- sout en peper
Meng goed en gebruik.
- Hamsmeersel:
- 1 koppie gerasperde ham
- 2 hardgekookte eiers, fyngemaak
- sout, peper, blatjang, mayonnaise en pietersielie na smaak
- seldery gekap, mayonnaise of room
Meng goed en gebruik.
- Hoendersmeersel:
- 1 koppie gaar hoender, fyngemaak
- 1 eetlepel gerasperde pynappel
- sout, peper en mayonnaise na smaak
Meng goed en gebruik.
- Sardiensmeersel:
- 1 blikkie sadines, druk fyn
- 2 hardgekookte eiers, druk fyn
- 2 agurkies, fyn gerasper
- 1 eetlepel tamatiesous
- 1 eetlepel gerasperde kaas
- sout en peper en room
Meng alles goed, voeg die room by tot sagte smeersel vorm.
- Kaas en eier smeersel:
- ¾ koppie kaas, fyn gerasper
- 2 hardgekookte eiers
- sout, peper en mayonnaise
- kleursel indien verkies
Meng alles goed saam en gebruik.
- Kaas- en tamatiesmeersel:
- 1 koppie gerasperde Chedder kaas
- 1 eetlepel botter
- sout, peper en tamatiesous
Meng kaas, botter sout en peper en voeg genoeg tamatiesous by om smeersel te vorm.
Idees gedeel deur Ebeth Chandler Grobbelaar:
Foto: Fanie Smit