SMELT IN DIE MOND HOENDER
Dit het so lekker gelyk dat ek my spyskaart vir die week aangepas het en is glad nie spyt! Smelt in die mond hoender… fantasties! 😃
- 4 hoenderborsies
- 1 koppie mayonnaise
- 1 teelepel knoffelpoeier
- 1 koppie Parmesan kaas, gerasper
- sout en peper na smaak
Plaas hoenderborsies in ‘n gespuite oondbak.
Meng mayonnaise, knoffelpoeier, helfte van die kaas, sout en peper saam en smeer oor hoender.
Strooi die res van die kaas bo-oor.
Bak oop by 180°C vir 45 minute.
Foto en resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs