SMAAKLIKE KRUIEBROOD
- 2 pakkies spek en kaas “potato bake”
- 250 ml melk
- 250 ml room
- 1 teelepel knoffel pasta
- 1 pak winkeldeeg
- oreganum, na smaak
- Mozerella kaas, na smaak
- Gouda kaas, na smaak
- gerookte paprika, na smaak
Meng die “Potato Bake” met die melk en room. Meng die knoffel pasta by.
Maak bolletjies van die winkeldeeg en plaas in ‘n oondvaste bak.
Giet die melk en room mengsel oor die bolletjies.
Sprinkel oreganum, paprika en kaas oor.
Bak teen 180°C vir 30 – 40 minute.
Foto: Chantel Geldenhuys