Your Recipe Blog

SLAPDEEG VETKOEK

SLAPDEEG VETKOEK

“Moenie die eiers vergeet nie. Die vetkoeke is dan hard en swaar en word baie donker – links op die foto is sonder die eier.”

  • 4 koppies koekmeel of bruismeel
  • 4 teelepels bakpoeier (los uit as bruismeel gebruik)
  • 1 teelepel sout
  • 4 eetlepels suiker
  • 2 eiers
  • 2½ koppies melk
  • olie, om in te braai

Sif droë bestanddele saam. Klits twee koppies melk en eiers saam.Hou ½ koppie melk vir later.
Meng meel en eier met mekaar. Drup en meng  bietjie vir bietjie van ½ koppie melk by tot ‘n slap deeg.
Dit moet ‘n slap deeg wees – tussen koekdeeg en pannekoekdeeg.
Skep lepelsvol in warm kookolie en diepbraai tot gaar.

Resep en foto: Amanda Scholtz Mostert

Foto 2 en 3 en Nota: Ilze Jacobs
Nota:
‘n Koue Vrydagaand in die Jacobs-huis voor skole-rugby môre beteken net een ding…kerriemaalvleis vetkoek! Ek en my man is keto/low carbers maar ons seuns is nie-en die resep is so maklik en vinnig, met geen knie of rys nie dat ek dit na skoolhou vinnig kan maak vir aandete. Ek verminder die suiker na 2 eetlepels en die vloeistof na ongeveer 325 ml melk en water gemeng om die helfte om ‘n dik deeg te maak, wat ek stadig vlakbraai in olie en in die oond warm hou tot etenstyd. ‘n Puik resep van Food Lovers-baie ekonomies met leftovers vir ontbyt ook (die resep lewer 15 – 16 medium vetkoeke)

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page