Your Recipe Blog

SLAP PAP-STYWE PAP-KRUMMEL PAP

| Servings: 4 - 6 mense

SLAP PAP-STYWE PAP-KRUMMELPAP

Die geheim van goeie pap lê in die regte verhouding van water tot pap. Maar hoeveel water vir slappap – en hoe gereeld roer jy krummelpap nou weer? Ons verduidelik jou mooi.

  • Stywe- en ontbyt pap
  • 1½ koppie water
  • 1 koppie mieliemeel
  • knippie sout

Meng die helfte van die koue water met die meel en hou dit eenkant. Plaas die res van die water in ’n pot, geur dit met sout, en verhit die water tot dit vinnig borrel en kook.
Giet die meelmengsel by en verlaag die hitte.
Prut die pap vir 20 – 30 minute terwyl jy dit aanhoudend roer om ’n gladde dog stywe tekstuur te kry. Stywepap prut omtrent 5 minute langer as ontbytpap.

  • Sagte ontbytpap
  • 2 koppies water
  • 1 koppie mieliemeel
  • knippie sout

Volg dieselfde metode as stywe- en ontbyt pap.

  • Krummelpap
  • 1 koppie water
  • 1 koppie mieliemeel
  • knippie sout

Plaas die water in ’n pot met ’n deksel, geur dit met sout en verhit dit tot kookpunt.
Giet al die meel op een slag by sodat dit op ’n hoop in die middel van die pot lê.
MOENIE dit roer nie.
Sit die deksel op en kook die meeltoring vir 7 minute.
Krap die pap met ’n vurk los sodat dit fyn krummels maak.
Draai die hitte laer (of verminder die kole) en stoom die pap vir 20-30 minute tot dit sag en gaar is.
Roer ’n klontjie botter in en skep op.

Nota: Slappap
Marianne de Beer
Die maklikste manier wat ek my kids geleer het is om 2 koppies water te kook en dan so ½ koppie mieliemeel met koue water te meng tot ‘n gladde pasta en dan by die kookwater te roer. Jy kan bietjie meer meel gebruik maar soos hulle dit maak het dit dan nie melk nodig nie, net klontjie botter en suiker.

Foto:
Claudette Bester:
Of jy hou van pap of glad nie. Ek voeg bietjie sout by in water, dit is ‘n moet!
Kook jou water, maar meng jou pap appart met bietjie koue water, haal dan van stoof af en meng jou koue pap mengsel met warm water goed (dit sal dan nie skiet in jou gesig nie) en plaas terug op verlaagde hitte, en dit moet gaargemaak word met ‘n deksel op jou pot.
Geniet met baie botter en bruin suiker.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page