SLAKKE EN ROOM GEREG
- 2 blikkies slakke in pekelwater
- 1 groot ui, gekerf
- 100 ml ultraroom
- 250 g sampioene
- sout
- Aromat
- vars gekapte knoffel, na smaak
- 1 pakkie pastasous (kaas, sampioene en knoffel geur) aangemaak soos op pakkie aangedui
Braai uie, gekerfde sampioene en knoffelvlokkies in botter. Spoel slakke BAIE GOED af in vars water. Meng slakke met uie en sampioene in braaipan.
Voeg aangemaakte pastasous en room by. Voeg Aromat en sout na smaak by.
Braai alles saam vir ±15 minute. Bedien met bruin brood.
Kon nie pastasous op ons dorp kry, toe vat ek gewone kaassous met sampioene en lekker peper. Dit was voortreflik.
Resep: Ronell Visser Gouws
Foto: Ronell Visser Gouws