Your Recipe Blog

SKROPHOENDER ROULADE MET SUURLEMOEN EN ROOSMARYNSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute | Servings: 10 porsie

SKROPHOENDER ROULADE MET SUURLEMOEN EN ROOSMARYNSOUS

  • 2 heel hoenders, vel verwyder
  • 2 teelepel fyngekapte roosmaryn
  • 200 ml dik witsous
  • 200 ml Cheddar/Mozzarellakaas
  • 15 ml fyn sout
  • 10 ml suurlemoenskil
  • 250 g hoenderlewers
  • 100 g streepspek
  • 1 knoffelhuise
  • 1 ui, gekap
  • Deeg:
  • 500 g koekmeel
  • 250 g botter, yskoud
  • 5 ml sout
  • 250 ml yswater

Voorverhit oond tot 220ºC
Kook hoender tot sag met speserye en verwyder bene. Voeg witsous en kaas by.
Braai uie en spek en voeg lewers by, braai tot die lewers pienk en nie oorgaar is nie.
Meng koekmeel en sout. Rasper yskoue botter by en maak deeg aan met yswater tot gemeng. Druk aan mekaar en laat rus in yskas vir halfuur.
Rol deeg uit in ‘n groot reghoek en pak hoender in ‘n lang strook op die deeg. Sit lewers op die hoender.
Rol op tot deeg net oormekaar val en plak die vou met water vas.
Draai om sodat die vou onder is en verf met eier. Bak vir 45 min tot goudbruin en gaar.

Nota:
Hierdie is my eie foto, aartappel koekies en gestoofde kweper repies, die bykos is my eie ding, daar kom suurlemoen skil en roosmaryn in die vulsel.

Foto: Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5