SKOTTELGOEDWASSERTABLETTE
Met alles wat deesdae so duur raak, probeer ons spaar waar ons kan. Ek maak al vir ‘n paar maande hierdie skottelgoedwassertablette en dit werk baie goedkoper uit. Dit maak min of meer 32 tablette van 2.3 x 2.3 cm.
- 1 koppie koeksoda / bicarbonate of soda
- ¼ koppie sitroensuur / citric acid
- 1 eetlepel skottelgoedseep
- silikoon ysblokkievorm
Plaas die koeksoda in ‘n mengbak, voeg die sitroensuur by en meng.
Voeg die skottelgoedseep by en meng goed met ‘n lepel of ballonklitser.
Druk die mengsel styf in silikoon ysblokkievorms en maak gelyk.
Na 10 minute maak die blokkies weer gelyk, want dit swel bietjie uit.
Laat staan dit vir ± 6 – 8 ure tot die blokkies hard is, verwyder uit die vorms en stoor in ‘n houer wat goed seël.
Resep en foto: Alta de Wet