Your Recipe Blog

SKOTSE EIERS

SKOTSE EIERS

Dit was nie net die eerste keer wat ek Scotch Eggs gemaak het nie; het dit ook nog nooit geëet nie.

  • 4 saggekookte eiers, skoongemaak
  • ± 300 g rou varkworksies, ontvel
  • bietjie aangemaakte mosterd
  • meel vir bedekking
  • ekstra rou eier of twee, geklits
  • panco of broodkrummels
  • olie vir diepbraai
  • soet chilliesous en room, na smaak

Vou eiers versigtig toe in varkwors se vleis (gemeng met bietjie mosterd), wat uit die dêrms geryg is.
Maak seker daar is geen deel van die eier wat nie ‘n eweredige lagie vleis om dit het nie.
Bedek vleisomhulsel met meel, dan in geklitste eier en druk goed toe met panco of gewone broodkrummels.
Braai in diep olie wat medium warm is tot mooi bruin.
Dreineer en bedien met sous van jou keuse.
Ek het soet chilliesous gemeng met bietjie room soos foto 2.

Resep en foto: Petro Borchard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5