SKORSIES GEVUL MET BOEREWORS
Jy hoef nie keto, low carb of ‘n diabeet te wees om hierdie resep te probeer nie….want dis so lekker dat almal hiervan sal hou.
- 2 – 3 skorsies gehalveer, pitte verwyder en gekook of gestoom tot gaar
- 10 ml olyf olie
- 500 g boerewors (so low carb as moontlik), in stukkies gesny
- ½ ui, gekap
- 125 g spek
- 1 groot tamatie of ½ blikkie opgesnyde tamatie
- 100 ml vleisaftreksel of water
- 100 ml room
- sout en peper na smaak
- kaas vir bo-oor sprinkel
Braai die wors in die olie tot amper gaar (so 8 minute).
Verwyder enige ekstra olie as dit vir jou te veel is, en voeg nou die ui en spek by. Braai nog 5 minute.
Voeg nou die vleisaftreksel en tamatie by en kook oor ‘n medium hitte totdat meeste van die vloeistof weggekook het.
Roer nou die room, sout en peper deur en verdeel tussen die halwe skorsies.
Sprinkel kaas bo-oor en bak in die oond vir 20 minute by 180°C tot die skorsies deurwarm is en die kaas gesmelt het.
Bedien met slaai of groente van jou keuse.
Nota:
Halwe soetrissies waarvan die sade uitgehaal is sal ook goed werk in plaas van skorsies, bak die gevulde halwe soetrissies dan net vir 35 minute.
Resep en foto: Ilze Jacob