Your Recipe Blog

SKORSIE LAGIES LEKKERTE

Recipe by
Cook: 15 - 20 min.

SKORSIE LAGIES LEKKERTE

  • 2 groterige skorsies, gegeur na smaak, gaargemaak en uitgeskep (hou die “vleis” eenkant)
  • Bo-laag:
  • 3 eetlepels botter
  • 3 eetlepels klapper
  • 3 eetlepels bruismeel
  • 2 eetlepels gekapte neute, opsioneel
  • Piesang-laag:
  • 50 g botter
  • 50 g sagte bruinsuiker
  • 5 ml karamelgeursel
  • 2 piesangs, in dun skyfies gesny
  • Koejawel-laag:
  • 150 g koejawels, vars of ingemaak, in dun skyfies, verwyder pitte indien verkies
  • 250 ml koejawelstroop/water
  • 5 ml sagte bruinsuiker
  • 5 ml vlapoeier

Vir die bo-laag:
Vryf die botter in die meel en klapper en voeg neute by. Hou eenkant.

Vir die piesang-laag:
Smelt botter en suiker stadig tot suiker opgelos het, moenie dit laat kook nie. Roer geursel by, voeg piesangs versigtig by, laat 1 minuut op ‘n matige plaat kook en verwyder dan.

Vir die koejawel-laag:
Kook die stroop en suiker saam. Maak die vlapoeier met bietjie water aan, en meng in saam met die warm stroop. Voeg koejawels versigtig by, laat 1 minuut op ‘n matige plaat kook en verwyder dan.

Bediening:
Pak die lagies as volg in ‘n oondbak:
skorsies, piesang, skorsies, koejawel, skorsies, piesang, totdat die mengsels opgebruik is. Eindig met ‘n laag skorsie “vleis”.
Strooi krummels (bo-laag) bo-oor.
Bak vir 10 -15 minute teen 180°C, en verbruin laastens die krummels onder die oond se rooster.

Foto en resep: Marina Nel Reid

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page