Your Recipe Blog

SKORSIE EN BILTONGSOP

SKORSIE EN BILTONGSOP

  • 4 skorsies
  • 1 knypie sout
  • 1 knypie swart peper
  • 1 toontjie knoffel, opgesny
  • ± 10 vars knoffel grasuie, fyn gesny
  • 2 takkies pietersielie, fyn gesny
  • 1 handjie vol biltong, stukkies gesny
  • 4 eetlepels heuning
  • 1 klein bakkie gewone jogurt
  • 1 eetlepel “four seed mix”
  • 1 koppie water
  • suurroom vir versiering
  • charcoal brood

Sny die boonste gedeelte van skorsie af en haal pitte uit.
Krap al die “vleis” uit en sit in potjie.
Hou die skorsie doppe, want gaan die sop daarin skep.
Voeg die water by en ook die sout, peper, knoffel grasuie, “mix seeds” en pietersielie.
Hou ‘n klein bietjie van die grasuie en pietersielie vir garnering.
Kook tot net gaar.
Haal van stoof af en voeg die jogurt en heuning by.
Ek gebruik my Braun en meng alles.
Meng die stukkies biltong in.

Skep in die skorsie doppe en versier met ‘n klein bietjie van die saad en ‘n ¼ teelepel suuroom en van die knoffel grasuie en pietersielie.
Geniet saam met charcoal brood.

Resep en foto:  Marian van Deventer

Category:

One Review

  1. Makkie Bothma

    UITSTEKENDE KOSBLAD ENIG IN SY SOORT

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page