Your Recipe Blog

SKORSIE EN APPELPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 min

SKORSIE EN APPELPOEDING

Hierdie nagereg was regtig baie baie lekker.

  • Beslag:
  • 2 skorsies, kleinerig- 1 skorsie per persoon
  • 1 blikkie tertappels (385 g)
  • 4 eetlepels kondensmelk
  • 1 teelepel kaneel
  • 1 eier
  • 3 eetlepels koekmeel

Kook skorsies in genoeg water tot sag maar dat dop nog styf is, want jy gaan die poeding daarin maak. Sny die boonste gedeelte versigtig af en skep die pitte uit.
In ‘n ander bak sit jy al die ander bestanddele bymekaar en roer deur, skep nou van die binneste van die pampoentjie uit en meng met die appelmengsel.
Skep die mengsel terug in die skorsies tot gelyk vol.
Plaas in ‘n oondbak dat die skorsies mooi regop staan,
Sit in die vooraf verhitte oond op 180º C en bak vir 30 min, of tot mes skoon uitkom.

  • Karamelsous:
  • 200 g witsuiker
  • 100 ml water
  • 50 g botter
  • 125 ml room

Kook suiker en water saam.
Roer met draadklitser tot opgelos.
Bring tot kookpunt en laat vining kook totdat ‘n goue karamel vorm, sowat 10 min.
Moenie roer terwyl die sous kook nie.
Verwyder die pot van die hitte af en voeg  botter by. Beweeg pot stadig in die rondte totdat al die botter gesmelt het.
Voeg room by en meng vining met ‘n draadklitser tot ‘n gladde karamel.
Werk versigtig – die mengsel is baie warm, laat afkoel en giet in ‘n glashouer.
Kan in die yskas gebere word.

Vla:
Ek koop myne, maar jy kan ook jou eie maak.

Bediening:
Sit skorsie appelpoeding in ‘n klein bordjie.
Giet vla oor en laat dit afloop.
Sit ‘n klein appeltjie bo-op (Koop in blikkie).
Drip karamelsous oor appeltjie en versier met 2 mint blaartjies.
Nota:
Hou die vla en karamelsous maar naby want almal vra vir nog.

Foto en resep: Jay Stander

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page