Your Recipe Blog

SKOONSUS SE SPINASIE TERTJIES

SKOONSUS SE SPINASIE TERTJIES

Heerlike bros spinasie tertjies en baie lekker om koud te eet.
Alberta se kommentaar:  Ek het chips gebruik – My favourites… Kaas en uie en creamy cheese gemeng.

  • Kors:
  • 500 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 80 ml olie
  • 40 ml water
  • 40 ml melk
  • 1 eier

Meng goed en druk in kolwyntjiepannetjies om kors te vorm.

  • Vulsel:
  • 500 ml gekookte spinasie
  • 1 pak wit uiesoppoeier
  • 250 ml roomkaas
  • Ekstra:
  • gerasperde kaas
  • of
  • simba chips gebreek

Meng spinasie, soppoeier en roomkaas saam en skep in rou kors.
Strooi 2 eetlepels gerasperde kaas of harde chips oor.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 20 min of tot deeg gaar is.

Resep:  L Struwig
Geplaas deur Amanda Stuwig
Foto:  Alberta van Wyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page