Your Recipe Blog

SKONS

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 10 skons

SKONS

  • 125 ml olie
  • 1 ekstra groot eier
  • melk
  • 20 ml suurlemoensap
  • 500 ml koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 25 ml suiker
  • 3 ml sout

Voorverhit oond op 190°C. Bespuit ‘n muffinpan goed met kleefwerende kossproei. (Gaan ongeveer 10 gebruik).
Meng die olie en eier en vul aan met melk tot 250 ml.
Voeg die suurlemoensap by en meng goed deur.
Sif die droë bestanddele saam en maak ‘n holte in die middel.
Voeg die vloeistof by en meng liggies met ‘n slaplemmes tot net gemeng.
Skep in muffinpan en bak 20 min tot gaar.
Bedien saam met konfyt en kaas.

Resep en foto:  Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page